Plasies laat die wiele rol

Bianca Spies en Chrisjan Rebel ontvang die trofee vir die tweedeplek.

Hoërskool Merensky se kaskarspanne het op Saterdag, 30 Julie deelgeneem aan die NG Kerk Letsitele Kaskarkompetisie by Laerskool Dr Annecke.

Die Plasies het ‘n algehele tweedeplek losgery, met Frans du Toit van Phalaborwa in die eersteplek en Hoërskool Ben Vorster derde.

Veertig leerlinge is per span ingeskryf (twintig dogters en twintig seuns). Alhoewel baie van die Merensky-sportmanne op dieselfde dag by verskeie nasionale wintersportbyeenkomste betrokke was, het die res van die Plasies gestand gedoen aan die leuse: “‘n Plasie gaan lê nooit!”.