Plasies maak golwe by SA Kegelskiet

Alwiné Fleischman, Juanet Venter en Jahdin Fleischman.

FOTO:
Alwiné Fleischman, Juanet Venter en Jahdin Fleischman.


Drie leerlinge van Hoërskool Merensky het oor die naweek van 22 tot 24 September aan die Suid-Afrikaanse Kegelskietkampioenskappe deelgeneem wat op die Cecil Payne-skietbaan in Johannesburg plaasgevind het. Juanet Venter (graad 10), Alwiné Fleischmann (graad 9) en Jahdin Fleischmann (graad 8) het aldrie uitstekend gevaar.

Juanet Venter is lid van die Limpopo Juniorspan en het vyfdeplekke in die junior- (o.18) en damesafdelings behaal. Sy het ook drie derdeplekke en drie tweedeplekke in die algehele dameskategorie opgeraap. Wat Juanet se prestasies nog meer merkwaardig maak is die feit dat hierdie haar eerste jaar van deelname is.

Alwiné Fleischman is lid van die Limpopo damespan (alhoewel sy ‘n junior is) en het weggestap met ‘n algehele derdeplek in die dameskategorie asook drie derdeplekke, twee tweedeplekke en twee eersteplekke in dieselfde afdeling.

Jahdin Fleischman is lid van die Limpopo juniorspan en het algeheel derde geeïndig in die junior kategorie. Hy spog ook met drie derdeplekke, drie tweedeplekke en ‘n allemintige vyf eersteplekke.