Plasies maak stem dik op die rugbyveld

Beeld uitspele 1e-span

Op Saterdag, 30 Julie het Hoërskool Merensky se o.14- en 1e-rugbyspanne tydens die mediumskole Beeld-kompetisie uitspele op Plasieland hul opponente laat les opsê.

Die o.14-seuns het teen Die Wilgers van Pretoria te staan gekom. Hulle het dié wedstryd gemaklik met ‘n telling van 41-7 gewen. Die span kom op 13 Augustus in die Beeld kwartfinaal teen Hoërskool Hartbeespoort te staan.

Merensky se eerstespan het na ‘n taai wedstryd teen Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit geseëvier met ‘n 15-13 oorwinning. Merensky se Noko Malatji het twee drieë gedruk, terwyl Wynand Scholtz die een drie verdoel het en in die eerste helfde die bal met ‘n strafskop oor die pale gestuur het.

Op 13 Augustus sal die eerstespan teen Hoërskool Vryburg kragte meet om te bepaal wie deurgaan na die Beeld halffinaal.