Plasies ontvang Presidentstoekennings

Presidentstoekennings: Brons

FOTO’S

Foto 1Brons toekennings
Voor: Tahiyya Moosa, Ryan Jacson, Jhillika Kesa, Lize Crafford, Chantelle Mashingwani, Monique Zhanda, Jordin Young en Laryn Prins.
Agter: Bianca Spies, Wian de Klerk, Marlu McLean, Eljana Fleischman, Klarissa Nel, Angie Nel, Melinda Nzadi, Cameron Buys, Jade Barnatt en Michaela Viljoen.

Foto 2 – Silwer toekennings
Michelle Stevens en Nwananga Mboveni.

Negentien Presidentstoekenningslede van Hoërskool Merensky het onlangs hulle Bronstoekennings ontvang.  Die meeste van hulle is reeds besig om aan die vereistes vir die Silwertoekenning te werk.  Daarvoor moet hulle ‘n sport beoefen vir 6 maande, 6 maande spandeer aan ‘n vaardigheid, 48 uur diens lewer en met rugsakke op ‘n 3-dag staptog van 48 km gaan. Twee Presidentstoekenningslede van Hoërskool Merensky het hulle Silwertoekennings ontvang.