Plasies oorrompel Triegies

o.14 DOGTERSHOKKIE: Voor: Palesa Shiluvane. Middel: Nikita Pohl, Kyla van Zyl, Kita Coppen, Janke Basson, Victoria Mathebula en Annelene Rood. Agter: Me. Anri Burger (afrigter), Dezi Dreyer, Reabetswe Makgoba, Megan Jardine, Lunè Fritz, Zuleika Ferns, Sunè Hermann, Mariesa Schutte, Emma Dalrymple-Hay, me. Nadia Claasen (afrigter).

FOTO:
DIE O.14 DOGTERSHOKKIESPAN
Voor
: Palesa Shiluvane.
Middel: Nikita Pohl, Kyla van Zyl, Kita Coppen, Janke Basson, Victoria Mathebula en Annelene Rood.
Agter: Me. Anri Burger (afrigter), Dezi Dreyer, Reabetswe Makgoba, Megan Jardine, Lunè Fritz, Zuleika Ferns, Sunè Hermann, Mariesa Schutte, Emma Dalrymple-Hay, me. Nadia Claasen (afrigter).


Dit was ‘n wintersportfees toe Hoërskole Merensky en Louis Trichardt op Saterdag, 3 Junie kragte gemeet het in nog ‘n ligabyeenkoms in Louis Trichardt. Vanuit die staanspoor het Plasiespanne die botoon gevoer.

Die junior sokkerspan het vroeg-vroeg al voorbrand gemaak met ‘n 2-1 oorwinning, waarna die seniorspan amok gemaak het met ‘n wentelling van 7-4.

Seunshokkie het vir oulaas hierdie seisoen bewys dat genotvolle samespel die deurslag gee by elke oorwinning.

Met ‘n 6-1 oorwinning het die 1e-span vriend en vyand beïndruk. Samual Modiba en JJ Davis het geskitter met 2 doele elk, terwyl Herman Grové en Jordan Stevens beide 1 doel aangeteken het. Wayne Coppen en Luann Botha het uitstekende verdedigingswerk gelewer.

Die belowende 0.14’s het ook ‘n pragtelling van 5-0 op die telbord gesit. Kyle-Bradley Hamilton is speler van die wedstryd met 3 doele. Luca de Sousa en Aldrich Hugo teken elkeen een doel aan.

Die o.16-span het in hul opponente se helfte geboer met Doran Kleynhans se wendoel wat finaal die Triegies se hokkiedoppie klink met ‘n 1-0 eindtelling.

Die dogtershokkiespanne spog met ‘n totaal van 9 doele teenoor slegs 1 vir Louis Trichardt. Die o.14-span wen 2-0 met Dezi Dreyer en Victory Mathebula benoem as spelers van die wedstryd.

Die o.15’s boer in die opponente se doelhok met ‘n 5-0 wen. Zané Booysen en Renate Botha is uitgesonder as spelers van die wedstryd.

Op seniorvlak kom die doele nie so maklik, maar spog die 2e-span met ‘n 1-0 wen; Ronel du Toit is speler van die wedstryd. Na ‘n verbete stryd kon die 1e-spanne nie daarin slaag om ‘n doel aan te teken nie; Bianca Elbrecht is speler van die wedstryd.

Op die rugbyveld was die tafel gedek vir ‘n uitmuntende kragmeting.

Die o.14-mannetjies gee die toon aan met ‘n 37-14 pragoorwinning.

Die o.15’s laat ook nie met hul mors nie en verhoed die Triegies om ‘n enkele punt aan te teken met ‘n eindtelling van 22-0.

In ‘n naelbytstryd eindig die o.16-spanne gelykop, 19 elk.

Alhoewel die 2e-span naelskraap 10-12 verloor het, het die 1e-span manne Plasieharte blou laat klop toe die eindfluitjie ‘n 27-21 oorwinning aankondig. Drieë is gedruk deur Kevin van den Bergh (2), Noko Malatjie (1), JD le Grange (1) en Wynand Scholtz (1). Delux Jooste het ‘n drie verdoel.