Plasies opgeneem in voorlopige Limpopo swemspan

Daniel Smit

FOTO:
Daniel Smit


Vyf swemmers van Hoërskool Merensky (Daniel Smit, Tayla Vos, Kagiso Hoaeane, Ockert Schoeman en Amelia Booth) het op Sondag, 28 Februarie, deelgeneem aan die Limpopo swemkampioenskappe in Polokwane.

Kagiso Hoaeane (seuns 14) het ‘n brons medalje ontvang in die 200m borsslag item.

Daniel Smit (seuns 15) verower drie bronsmedaljes vir 200m rugslag, 200m individuele aflos en 200m vryslag, ‘n silwermedalje vir 100m rugslag en ‘n gouemedalje vir 50m rugslag.

Tayla Vos (dogters 16) ontvang ‘n bronsmedalje vir 100m vryslag en vier gouemedaljes vir 50m vryslag, 100m borsslag, 50m rugslag en 200m borsslag.

Daniel, Tayla en Kagiso is opgeneem in die voorlopige Limpopo skolespan wat op 17 Februarie aan die sewende age group gala gaan deelneem, waar die finale span gekies gaan word.