Plasies presteer by Afrikaans Ekspo 2016

FAK Afrikaans Ekspo 2016

Hoërskool Merensky se leerders het hulle by die FAK Afrikaans Skole-Ekspo 2016 goed van hul taak gekwyt en lewer ook ‘n nasionale wenner op. Daar is ingeskryf in die kategorieë: koerantberig en opstel. Die temagerigte kategorieë vir 2016 was 100 jaar van films.

Charlize Meyer (graad 8) is aangewys as die nasionale wenners in die kategorie: koerantberig. Die koerantberigte se opdrag was om ‘n resensie oor ‘n Afrikaanse film van die afgelope 100 jaar te skryf. Charlize Meyer het met haar wenresensie vir “Vir Altyd” 88% behaal.

Die volgende graad 8-Plasies behaal goud in dié afdeling: Charlize Meyer, Rinus Jacobs, Rohan du Plessis, Jamie Robbertson, Jessica Botha, Suandrie Corbett en Tiaan Viljoen. Lerese du Preez en Renate Botha het in dié kategorie silwer toekennings behaal.

In die kategorie: Opstel, behaal Bianca Spies (graad 12) twee silwer toekennings.

FOTO

Jamie Robertson, Lerese du Preez, Renate Botha, Suandrie Corbett, Charlize Meyer, Rinus Jacobs, Rohan du Plessis en Tiaan Viljoen.
Afwesig: Jessica Botha en Bianca Spies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *