Plasies presteer by Nasionale Spelathon

Anri McLean en Anize Basson.

Anize Basson, Graad 9, en Anri McLean, Graad 10, het Saterdag 8 Oktober aan die nasionale rondte van die Spelathonkompetisie by Leeuwenhof Akademie in Gauteng deelgeneem.

Hulle het eers in die gesiene-woord-afdeling (woorde wat deelnemers vooraf kon leer) deelgeneem, en daarna na die ongesiene-woord-afdeling oorgegaan. Die kompetisie was deurentyd baie stresvol.

Anize het in die graad 9-afdeling saam met 19 leerders landwyd deelgeneem. Sy het ‘n algehele sesde plek verower.

Anri het in die graad 10-afdeling saam met 18 leerders dit uitgespook en verower ‘n agtste plek in haar graad.

Merensky is baie trots op hierdie twee Plasies wat wys dat hulle ‘n hond uit ‘n bos kan spel.