Plasies pronk by Western Mounted Games

Anri Janse van Rensburg - WMG

Die Vyfde Western Mounted Games kwalifiseerder vir 2016 het op 25 Junie by Dusty Hill plaasgevind met 53 ruiters wat deelgeneem het in 2 afdelings, naamlik die skole- en ope- afdelings.

Ruiters van Hoërskool Merensky het goed gevaar in beide afdelings. Op vlak 3 neem Anri Janse van Rensburg die algehele eerste plek en Dawie van Jaarsveld, op die rug van Mekasdesh Zahra, die algeheel tweede plek in beide die hoërskole- en ope-afdelings.

Theo van der Merwe neem op vlak 2 die algeheel eerste plek en Dawie van Jaarsveld, op die rug van Robyn, die algeheel tweede plek in beide afdelings.

Op dieselfde vlak het Wandri Janse van Rensburg en Hennerien Knox deelgeneem met twee perde en samel elkeen 5 rosette in.  In die hoërskole-afdeling neem Dominique Bond die algeheel eerste plek op vlak 0. Dionette Erasmus het ook in hierdie vlak deelgeneem.