
15 Plasies kon hierdie week pronk met puik uitslae, nadat hul op 6 September 2016 aan die ATKV Junior Afrikaanse Olimpiade deelgeneem het.
Lize Mostert spog met die topprestasie van 80% vir Afrikaans Huistaal, terwyl Stefan Corbett in haar nek blaas met 78%.
In die Afrikaans Eerste Addisionele Taal afdeling behaal Danzi Ivy 71% en Rifqah Moosa, 65%.