Plasies pronk op perde

Dominique Bond van Hoërskool Merensky het op 17 Junie aan die vierde Limpopo Reining & Western Performance Horse deelgeneem. Sy verwerf ‘n eersteplek in die Western Dressage, Novice Youth afdeling.

Op 29 Junie tot 2 Julie is die jaarlikse prysuitdeling van die National Reining & Western Performance Horse te Parys aangebied. Ook hier word Dominique Bond vereer met die toekenning National High Ranking Points vir Western Dressage in die 2017 Novice Youth afdeling.

Op die Western Mounted Games-front het 7 Plasie-ruiters aan die 6de kwalifiserende kompetisie gedurende die naweek van 22 Julie te Polokwane deelgeneem.

In vlak 0 behaal Kayla van Zyl ‘n eersteplek, en Jani van Zyl ‘n tweedeplek, terwyl Dominique Bond derde eindig.

Wandri Janse van Rensburg het in vlak 4 eerste geeindig, met Genevieve van der Merwe derde en Salomé Lombard in die vierdeplek.

Anri Janse van Rensburg spog met ‘n eersteplek in vlak 7.