Plasies pronk op perde

UITHOUER Danielle Breed op Hanif.

FOTO:
UITHOUER Danielle Breed op Hanif.


Nuweling, Danielle Breed, ‘n graad 8-leerder aan Hoërskool Merensky het op 27 Mei te Sondela aan die Premier Uithouritklub se byeenkoms deelgeneem in die 80 km afdeling.

Sy en haar perd, Hanif, het die volle afstand in ‘n tyd van 5 ure en 27 minute afgelê.

Dominique Bond, ‘n graad 10-leerder, het op haar beurt goud losgeslaan tydens die Western Mounted Games vlak 3 kwalifiseerder in die Western Dressage-dissipline wat by die plaaslike Uitzoek Stalle aangebied is.