Plasies seëvier met UNISA eksamen

Twee van die Merensky MDDK (musiek, dans, drama en kuns) leerlinge het onlangs hul UNISA musiekeksamen afgelê. Geluk aan Suandrie Corbett wie haar graad 5 fluiteksamen geslaag het met 78%. Heinrich Schultz doen eweneens goed en behaal 73% met sy saksofoon, voorgraad 1 eksamen. Baie dankie aan hul tutor, me. Mareli van der Walt vir haar aansporing en toewyding.