Plasies skiet nasionaal

FOTO:
‘N GEDUGTE SPAN: Juanet Venter, Jahdin en Alwiné Fleischmann.


Drie Plasies het van 4 tot 6 Augustus aan die Limpopo Kegelskietkampioenskappe in Polokwane deelgeneem. Juanet Venter (graad 10), Alwiné Fleischmann (graad 9) en Jahdin Fleischmann (graad 8) het tydens hierdie geleentheid weer hul vaardigheid skerpgemaak en gekwalifiseer vir die nasionale kampioenskappe wat op 22-24 September in Johannesburg plaasvind.

Juanet verwerf die tweedeplek in die “Subway Snubby” damesafdeling en 3 derdeplekke in die “Rimfire Handgun”, “Rimfire Rifle Self-loading” en “Manual Shotgun” damesafdelings. Alhoewel sy as junior (o.18) deelgeneem het, is die prestasies toegeken in die algehele damesafdeling, wat alle ouderdomme insluit.

Kort op haar hakke is Alwiné met ‘n algehele derdeplek in dieselfde afdeling. Sy verwerf ook 2 derdeplekke in die “Stock Revolver” en “Pin Gun” damesafdelings.

Jahdin kraai koning met ‘n eersteplek in die o.18 juniorafdeling. Hy verwerf ook 3 eersteplekke in die “Stock Revolver”, “Pin Revolver” en “Pin Gun” junior-afdelings. Verder behaal hy ook 2 tweedeplekke in die “Stock Gun” en “9-Pin Tipp-over” afdelings.

[supsystic-gallery id=89 position=center]