Plasies skiet reguit pyle

Boogskiet Limpopo Kampioenskappe deelnemers

FOTO’S

Foto 1
Merensky Boogskiet klub deelnemers
Voor: Hugo Badenhorst, Lin-Mari Theron, Canell Jackson en Ryan Jackson.
Middel: André van der Merwe, Carissa Ivy, Ockert le Roux, Clara van Coller, Sean Hunt, Pieter van der Merwe, Dawie Theron en Beneché Jackson.
Agter: Janco Theron, Matthew Lunt en Heinrich Pieterse.

Foto 2
Medaljewenners in hul verskeie kategorieë
Vlnr: Carissa Ivy (FY), Beneché Jackson (FY), Dawie Theron (MBR) , Ockert le Roux (MCBH) en Ryan Jackson (YMR 13-14).

Merensky se welbekende boogskietklub, verteenwoordig deur 15 vasberade skuts, het Saterdag 9 April deelgeneem aan die 3Di ABO Limpopo Kampioenskappe te Bela-Bela.

Die dag was goed bygewoon deur verskeie skuts van heinde en verre.  Al die deelnemers het die warm son vir ongeveer vyf ure trotseer om die baan te wys wie’s baas. Hierdie uitdagende baan bestaan uit 20 teikens en ‘n maksimum van 220 punte kan bereik word.

Geluk aan die volgende Merensky skuts wie medaljes verwerf het:
Dawie Theron – Goud
Carissa Ivy – Silwer
Ockert le Roux – Silwer
Beneché Jackson – Brons
Ryan Jackson – Brons

Verder het Carissa, Beneché, Ryan en Andre van der Merwe se tellings gekwalifiseer vir provinsiale kleure. ‘n Skut moet drie kwalifiserende tellings in een siesoen skiet om kleure te verwerf, die laagste van die drie kwalifiserende tellings bepaal die kleure wat ontvang word.

Dankie aan mnr. Ockert le Roux se onselfsugtige lojaliteit teenoor die Merensky boogskietklub.