Plasies skud blik vir DBV

Hilda Cole (Letaba DBV), Ockert Schoeman, Johan van den Heever, Matthew van der Merwe, Tracey van den Dool (Letaba DBV), Antoinette Briedenhann (Letaba DBV) en Desiré de Jager.

FOTO:
Hilda Cole (Letaba DBV), Ockert Schoeman, Johan van den Heever, Matthew van der Merwe, Tracey van den Dool (Letaba DBV), Antoinette Briedenhann (Letaba DBV) en Desiré de Jager.


Op Saterdag, 28 April, het vier Presidentstoekenning-leerders van Hoërskool Merensky, ten bate van die Letaba Dierebeskermingsvereniging (DBV), blik geskud by die Lifestyle Winkelsentrum. Hierdie uitreik is deel van die groep se 24-uur gemeenskapsdiens wat bydra tot hul brons toekenning.

Me. Tracey van der Dool, voorsitter van fondsinsameling by die Letaba DBV, sê die leerders was almal wonderlik en dat dit ‘n seën was om hulle te ontvang. Daar sal weer blikskud-aksies plaasvind op 30 Junie, 28 Julie, 25 Augustus, 29 September, 27 Oktober en 24 November.

Die Letaba SPCA is op soek na vrywilligers om te help met fondsinsameling, donasies, sagte hond- en katkos, komberse vir die winter en kosbakke vir honde en katte.