Plasies speel nie met pionne nie

Peter Mtembi ontvang ‘n sertifikaat vir beste o.17-speler.

Elf skaakspelers van Hoërskool Merensky het op Saterdag, 10 September by Laerskool Phalaborwa-Noord aan ‘n skaaktoernooi vir hoër- en laerskole deelgeneem. Vier rondtes is gedurende die toernooi gespeel.

Peter Mtembi, Jeandré Joubert en Roelof Kristensen het in 3 van hul 4 rondtes koning gekraai. Rethabile Thati, Stian Cloete, Danielle Theron en Elzette van Dyk het 2 rondtes gewen. Dewald Haagner wen 1 rondte en speel 1 gelykop.

Peter Mtembi het ‘n sertifikaat ontvang as beste speler in die o.17-ouderdomsgroep.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *