Plasies speel vir Bokkies en Limpopo

Die 2017 Limpopo dogtershokkiespanne is aangekondig. Hoërskool Merensky spog met 10 provinsiale spelers in verskillende spanne.

Plasieland wens die volgende meisies geluk met hierdie puik prestasie: o.14 – Dezi Dreyer, Nikita Pohl, Luné Fritz, Palesa Shiluvane en Victory Mathebula. o.15 – Danielle Kasselman en Bercha Venter. o.16A – Kesia Pohl. o.18A – Elzanne Engelbrecht. o.18B – Lilly Pohl.

Die hokkiebokkies wie hul staal gaan toon tydens die Bokkieweek, is o.14 – Emma Dalrymple-Hay, o.16 – Ruette Schoeman, Leoné Slabbert, Zonika van Niekerk en Juanet Venter. Lilly Pohl en Clariska Venter gaan hul by die o.18 span aansluit.

[supsystic-gallery id=45 position=center]