Plasies T20 naaswenners

Mubin Patel

FOTO:
Mubin Patel


Op 23 en 24 Februarie het Hoërskool Merensky se 1ste-span krieketseuns in die semi-finaal en finaal van die Limpopo Coca-Cola Skole T20-reeks gespeel.

Die Plasiespan het in die semi-finaal met 86 lopies geseëvier teen die span van Nkowankowa.

In die finaal het Mubin Patel die blouspan se naam hoog gehou met sy 50 lopie prestasie. Die seuns kon egter nie die knoop deurhaak nie en tree as naaswenners uit die stryd teen Ben Vorster.