Plasies tem Makulu 5

Op Saterdag, 13 Februarie, het Hoërskool Merensky se bergfietsspan aan die Makulu 5-wedren in Polokwane deelgeneem. Hierdie halfmarathon dien as kwalifiseerder vir Limpopo kleure.

Die ryers het goed presteer. In die o.14-kategorie het Bevan Muller ‘n derde plek ingeneem. In die o.15/o.16-afdeling het Sheldon Muller ‘n eerste plek en Armand Cronjé ‘n derde plek verwerf. Die o.17/o.18-ryers het eweneens goed presteer met Natasha Janse van Rensburg in die derde plek, Bernice Cronjé vierde en Chelsea Schlebusch in die vyfde plek.