Plasies toon spelvernuf

FOTO:
Janco Blignaut, Anize Basson, Mienke Lombard en Manica van Schalkwyk.


Op Dinsdag 1 Augustus het 4 leerlinge van Hoërskool Merensky aan die jaarlikse ATKV Spelathon kompetisie deelgeneem.

Dit was die derde jaar, sedert hierdie kompetisie geloods is, dat Plasie-spellers hul vernuf teen graad 9 en 10 deelnemers van ander skole in Limpopo kon meet.

Mienke Lombard wys haar staal met ‘n eersteplek in die graad 9-afdeling, terwyl Manica van Schalkwyk die tweedeplek inneem. By die graad 10’s spel Anize Basson ‘n tweedeplek los, en Janco Blignaut eindig vierde.

Mienke, Manica en Anize sal in September aan die finale ronde in Johannesburg deelneem.