Plasies vier weg“hol”oorwinning

FOTO:
Die Plasie-wenspan.


Vreugdevure het hoog gebrand op Plasieland nadat die Merensky-span op Saterdag, 5 Augustus die jaarlikse NG Kerk Letsitele kaskarwedren gewen het. Hierdie kompetisie vind reeds die afgelope 18 jaar plaas, en was dit die 10de maal dat Hoërskool Merensky die trofee trots omhoog kon hou.

Juigende ondersteuners se blou bloed het geborrel toe gedetermineerde bestuurders en fikse “enjins” hul opposisie stof in die oë geskop het. Hoërskool Frans du Toit 1 was in die tweedeplek, terwyl Hoërskool Ben Vorster die derdeplek ingeneem het.

Hoërskool Merensky se twintigtal dogters en sestien seuns het elkeen alles gegee vir hierdie sukses.