Plasies wys staal in Mokopane

Atletiek @ Piet Potgieter: Kesia Pohl, Kgabo Mamorobela en Ciné Venter.

Op 3 Februarie het Hoërskool Merensky teen Hoërskole Piet Potgieter, Nylstroom, Louis Trichardt en Heuwelkruin kragte gemeet op die atletiekveld in Mokopane.

Hoërskool Piet Potgieter het geseëvier (1286,5 punte) met Merensky in die tweede plek (1170 punte), Nylstroom derde (843 punte) en Louis Trichardt vierde (803 punte).

Prestasies volgens die ABSA tabel laat die Plasies breëbors. Staatmaker, Lourentia van Dyk eindig weereens eerste met 767 punte in haar hoogspring item. Emma Dalrymple-Hay, Twané van Wyk, Sancha van Niekerk en Bernalee Benadé beklee die daaropvolgende vier top 5 Merensky-posisies.

Gelukwense aan die seuns 200m atlete: Vutomi Mkhabela (862 punte), Reuben Caroto (839 punte) en Noko Malatji (824 punte). Andru Muller neem die vierde-, en Juandré Slippers die vyfde posisie in die top 5 Merensky seuns in.

Vrydag, 10 Januarie onderneem die Plasie-atletiekspan die groot trek na Barberton vir die jaarlikse Laeveld Prestige Atletiekbyeenkoms.

FOTO
Kesia Pohl, Kgabo Mamorobela en Ciné Venter.