Plasiespanne wen WIK

DIE DLB-SPAN Daniel Smit, Bevan Muller en Luca Wasley.

FOTO:
DIE DLB-SPAN
Daniel Smit, Bevan Muller en Luca Wasley.


Die jaarlikse WIK driekamp gedenkbyeenkoms het weer op 18 Maart by Stanford Lake College plaasgevind. Hierdie jaar het spanne van Hoërskool Merensky septer geswaai deur algeheel eerste- en tweedeplekke in te neem.

Drie atlete per span moet afsonderlik swem, fietsry en hardloop om hierdie wedloop te voltooi.

Die DLB-span, met Daniel Smit (Merensky), Bevan Muller (Merensky) en Luca Wasley (Stanford Lake College) het met ‘n tyd van 01:07:39 geseëvier. Kort op hul hakke was die Merensky-span met Jenelle de Jonge, Sheldon Muller en Armand Cronjé met ‘n tyd van 01:07:54.

Span 202, bestaande uit graad 8-leerders, Ockert Schoeman, Johan van den Heever en Adriaan Nel, het ten spyte van die feit dat Adriaan dubbel die afstand afgelê het, steeds met ‘n tyd van 01:25:42 in die elfdeplek geeïndig.

Ronan Theron en Gunther Katzke van Merensky het ook in gemengde spanne deelgeneem.