Pragwen vir Merensky se 1e-krieketspan

Front: Abri Whelan, Gerhardus Fourie, Mubin Patel & Brett Richter. Back: Nicolas Adendorff, Louis Botha, Ruan van der Schyff, Aubrey van Renen (coach), Kian Loughor-Clarke, Neil Delport, CJ van der Merwe, Christian Barnard & Gideon Engelbrecht.

Die Hoërskool Merensky krieketseuns het Saterdag, 9 Februarie, teen Hoërskool Eldoraigne in die Skole Superliga deelgeneem.

Die eerste span het hul wenstreep voortgesit, met ‘n oorwinning van 7 paaltjies op hul tuisveld. Nicolas Adendorff het 5 paaltjies vir 22 lopies in 6 beurte geneem. Mubin Patel het 34 lopies bygedra, en Gideon Engelbrecht 29, tot die 82 lopies van die Plasies. Die span het Neil Delport verwelkom, wat ná sy 5de wedstryd vir die Merensky 1 XI sy spanhoedjie ontvang het.

Die o15-seuns het hul wedstryd by Hoërskool Eldoraigne gespeel. Alhoewel Don Hunter 48 lopies (nie uit nie) gemaak het, het die span met 3 paaltjies verloor.