Presidentstoekenners vereer

Agter: Dineo Matsheka (Programbestuurder van TPA Limpopo), Palesa Matuludi (Programbestuurder van TPA Limpopo), Rifqah Moosa, Jhillika Kesa en Yolandé Rautenbach (Merensky programleier). Voor: Mnr. Ishmeal Kgetjepe (LUR vir Onderwys in Limpopo), mnr. Nkagare Makhudu (Hoof van TPA Suid-Afrika) en mnr. Andrew Cook (Hoof van Mitchell House).

FOTO:
Agter: Dineo Matsheka (Programbestuurder van TPA Limpopo), Palesa Matuludi (Programbestuurder van TPA Limpopo), Rifqah Moosa, Jhillika Kesa en Yolandé Rautenbach (Merensky programleier).
Voor: Mnr. Ishmeal Kgetjepe (LUR vir Onderwys in Limpopo), mnr. Nkagare Makhudu (Hoof van TPA Suid-Afrika) en mnr. Andrew Cook (Hoof van Mitchell House).


Hoërskool Merensky se vyftigtal Presidentstoekenningskandidate het verteenwoordigers, Jhillika Kesa en Rifqah Moosa, afgevaardig om die provinsiale prysuitdeling by Mitchell House in Polokwane op Saterdag, 16 September, by te woon.

Die eer het Jhillika te beurt geval om te getuig oor die positiewe impak wat hierdie program op haar hoërskoolloopbaan maak. Plasie-programleier, me. Yolandé Rautenbach, het ook by hierdie geleentheid ‘n sertifikaat van erkenning ontvang.

Die gasspreker, mnr. Ishmael Kgetjepe, LUR van onderwys in Limpopo se toespraak het gefokus op die belangrikheid van jeug-ontwikkeling regoor die wêreld wat die uiteindelike doel van die Presidentstoekenning is.

Hoërskool Merensky is die enigste staatskool in Limpopo wat hierdie jaar al met 7 goud-, 5 silwer- en 18 bronstoekennings spog.