Provinsiale boogskiet op Plasieland

Provinsiale boogskiet op Plasieland

Merensky Boogskietklub het op 27 en 28 Augustus twee provinsiale 3D-kompetisies aangebied op Plasieland.

Die baan was uitdagend met 2D- en 3D-diere, asook ander lewende spesies wat van tyd tot tyd hul verskyning gemaak het. Van Bosbok tot Seekoei het snuf in die neus gekry oor die “besoekers” in die bos.

29 Skuts het deelgeneem aan die 3D Limpopo-Suid Kampioenskappe.

Goud is ingesamel deur Izelri Theron (CFBU-P), Canell Jackson (JFFU), Pieter van der Merwe (JMBU), André van der Merwe (JMFU) en Benéche Jackson (YAFFU).

Silwer het gegaan aan Benno Kotzé (CMBU), Lin-Mari Theron (JFBU), Matthew Lunt (JMBU) en SP du Preez (JMFU).

Dawie Theron (AMBU) en Heinrich Pieterse (JMBU) het brons ontvang.

Benno Kotze het provinsiaal gekwalifiseer.

In die Limpopo Provinsiale Kampioenskappe het 26 skuts sake uitgespook.

Goud is toegeken aan Izelri Theron (CFBU-P), Canell Jackson (JFFU), Heinrich Pieterse (JMBU), SP du Preez (JMFU), Beneché Jackson (YAFFU) en Janco Theron (YAMBU).

Silwer-status is bereik deur Dawie Theron (AMBU), Lin-Mari Theron (JFBU) en Sean Hunt (JMBU).

FOTO

Voor: Izelri Theron, Canell Jackson en Beneché Jackson.
Agter: André van der Merwe, Lin-Mari Theron, Dawie Theron, SP du Preez en Pieter van der Merwe.