Radikale Plasies deur na streeksfinaal

Voor: Ruben Potgieter, Christelle Brummer, Crystal Kirstein, Dian Malherbe en Jacques Bezuidenhout. Middel: Zenelde Schoeman, Heidi Swanepoel, Jamie Robertson, Meggan Cloete, Suandrie Corbett, Amelda Pretorius, Mariesa Schutte en Retief Fourie. Agter: Jason Mellett, Casper Jordaan, Marlu McLean, Eduard O’Reilly, Elzanne Engelbrecht, Brett Richter, Bianca Elbrecht, Marjoné Beukes, Salomé Lombard, Michaela Elbrecht en Kayla Schoeman.

FOTO:
Voor: Ruben Potgieter, Christelle Brummer, Crystal Kirstein, Dian Malherbe en Jacques Bezuidenhout.
Middel: Zenelde Schoeman, Heidi Swanepoel, Jamie Robertson, Meggan Cloete, Suandrie Corbett, Amelda Pretorius, Mariesa Schutte en Retief Fourie.
Agter: Jason Mellett, Casper Jordaan, Marlu McLean, Eduard O’Reilly, Elzanne Engelbrecht, Brett Richter, Bianca Elbrecht, Marjoné Beukes, Salomé Lombard, Michaela Elbrecht en Kayla Schoeman.


Op Donderdag, 25 Mei het ‘n groot groep leerlinge van Hoërskool Merensky aan die Radikale Redenaarskompetisie te Laerskool Tzaneen deelgeneem. Verskeie individuele toesprake, sowel as voorlesers het gekompeteer. Die hoogtepunt was egter die ses groepredenaarspanne met baie interessante onderwerpe wie veral die beoordelaars beïndruk het.

Vreugdevure het hoog gebrand na die aankondiging dat al ses Plasie-spanne en individuele sprekers, Mariesa Schutte, Retief Fourie, Jamie Robertson, Heidi Swanepoel, Amelda Pretorius, Antje-Marise Lombard en Marlu McLean deurgedring het na die streekfinaal op 2 September. Hoërskool Merensky is die enigste skool in die provinsie waarvan al die spanne deur is na die streekfinaal.