Radikale tonge klap by redenaars

Radikale Redenaars Limpopo - Individuele wenners

FOTO:
INDIVIDUELE WENNERS
Keynan Fox, Amelda Pretorius, Jamie Robertson en Mariesa Schutte.


Op Saterdag, 18 Augustus 2018, het die Limpopo finaal van die Radikale Redenaarskompetisie by Hoërskool Pietersburg plaasgevind.

Hoërskool Merensky het agt individuele sprekers en vyf spanne ingeskryf. Uit die ses afdelings waaraan die Plasies deelgeneem het, het hul vier gewen.

Die redenaars het hul sê gesê en Keynon Fox (graad 8), Mariesa Schutte (graad 9) en Jamie Robertson (graad 10), asook die graad 10-span, bestaande uit Suandrie Corbett, Amelda Pretorius, Ikne Stüki en Jamie Robertson, het die gehoor en beoordeelaars ten volle oortuig.

Hierdie gladdebekke het in die Afrikaans Moedertaal-afdeling gekwalifiseer vir die nasionale ronde wat op 13 Oktober 2018 by Hoërskool Garsfontein aangebied word.