Rhino 7’s Rugby aan die rol

FOTO:
Voor: Noko Malatji, Dylan Herrendoerfer.
Middel: Joe Raspel, Delux Jooste, Pieter Coetzer, Ettienn Slabbert.
Agter: Mnr. Clinton Gerber (afrigter), MJ Bench, Mj Mulder, Mpho Mofokeng, Mikyle le Roux, Rasenga Kubai, Masedi Manamela, Almo Julies.

Op Saterdag 29 Augustus het Plasieland se junior- en seniorspanne te Sutherland High School in Centurion deelgeneem. Hierdie was nog ‘n amptelike kwalifiserende toernooi in die opwindende Rhino 7’s reeks waarvan die finaal 24-26 September in Skukuza beslis word.

Alhoewel Merensky se seniorspan reeds gekwalifiseer het, het hul in die gees van goeie sportmanskap deelgeneem. Hulle het op dié toernooi as plaatwenners uit die stryd getree met ‘n telling van 19-10 teen Hoërskool Montana.

Nuwe kwalifiserende skole vir die eindstryd is Hoërskool Eldoraigne (wat die beker vir die dag gewen het), Hoërskool Zwartkop, Pretoria Boys High en Sutherland High School.

Van die 16 o.15-spanne wat die dag deelgeneem het, het Hoërskool Merensky in die plaat semi-finaal teen Hoërskool HF Verwoerd gewen met ‘n pragtelling van 21-14. Ongelukkig verloor hul teen Hoërskool Zwartkop in die plaat-finaal en eindig vierde in die toernooi.