Rugbybulle nooi Bulletjie

Wolkie-rugbymanne geniet Bulletjie, Stefan Corbett en Ryno van Burick (1ste-spankaptein) se kuiertjie.

FOTO:
Wolkie-rugbymanne geniet Bulletjie, Stefan Corbett en Ryno van Burick (1ste-spankaptein) se kuiertjie.


Wolkberg Akademie se rugbybulle het Hoërskool Merensky se bulletjie en twee eerstespanspelers genooi om op Vrydag, 16 Maart, met hulle skouer te skuur en bietjie te gesels oor rugby in die “grootskool”.

Rugbykoors het hoog geloop met ‘n blitsvasvra, waarmee Merensky-sonpette uitgedeel is. Merensky nooi elke Wolkie en die gemeenskap uit om die eerste wintersport tuiswedstryde teen Hoërskool Hans Strijdom van Mookgopong op Saterdag, 21 April, by te woon.