Saal af by Die Stalle

Die Stalle

‘n Aantekening is in die Plasie-anale gemaak nadat die eerste gaste op Vrydag, 26 Oktober, in Die Stalle by die Hoërskool Merensky Koshuis oornag het.

Daar is gewoeker om vier gerieflike selfsorgkamers (Suile, Treinbrug, Laning en PinZ2yl) beskikbaar te stel vir ouers en vriende wat soms ver ry om funksies by die skool by te woon. Nog twee kamers is amper voltooi.

Die eerste gaste wat van die oornagverblyf gebruik gemaak het was mnre. Schalk Corbett, Jan Naudé en Philip Ludick en sy vrou, Maricia.

Merensky salueer mnr. Riebert Pretorius (beheerliggaamslid, koshuise) en sy vrou Hanlie, wat gesorg het dat hiérdie droom ook ‘n realiteit geword het. Ons sê ook baie dankie aan mnr. Ian van Heerden (koshuisbestuurder) wat hard gewerk het om alles in plek te kry.

Besprekings word hanteer deur die M-Bank (skool se finansiële kantoor).