Silwer vir Plasie-skut

Heinrich Pieterse

Heinrich Pieterse van Hoërskool Merensky Boogskietklub het op 18 en 19 Februarie pyle getrek in Gauteng.

Pieterse het op 18 Februarie deelgeneem aan die Kempton Park Binnenshuise Kampioenskap en behaal ‘n tweede plek en silwer sertifikaat in die o.17-afdeling met ‘n merkwaardige 274 uit 300 punte en 17 kolskote.

Op 19 Februarie doen hy dit weer by die Ekurhuleni Binnenshuise Kampioenskap met 268 uit 300 punte en 13 kolskote. Vir hierdie prestasie neem hy ‘n silwer medalje huis toe.