
Die Wiskunde-departement van Hoërskool Merensky het op Vrydag, 6 September ‘n opwindende funksie vir die Plasie-personeel aangebied. Hierdie inisiatief was deel van die skool se gebruiklike, kwartaallikse motivering.
Die geleentheid met die tema, Sin Cos Tan, het gesorg dat leerkragte lank vergete hoofrekene en wiskundige formules afgestof het. Elke departement het na voltooiing van ‘n Wiskunde werkkaart ‘n koek ontvang wat versier moes word. Natuurlik moes die eindproduk Wiskunde weerspieël. Met kreatiewe denke en begeesterde spandeelname het die Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe departement “die koek gevat”.