Skitterprestasie vir Plasie-boogskuts

Boogskiet eerstespan

Merensky se boogskietspanne het die naweek van 21 Mei aan die ABO Triple Crown skolekompetisie op Ngomo Lodge net buite Pretoria deelgeneem.

Ten spyte van winderige omstandighede, het die eerstespan ‘n goue medalje verwerf vir hul pragvertoning. Die tweedespan het ‘n brons medalje ingepalm.

Individuele sukses is behaal deur André van der Merwe met ‘n eersteplek, Benéche Jackson met ‘n tweedeplek en derde plekke is verwerf deur Canel Jackson en Ryan Jackson.