“Skutterende” skietwerk

Voor: Rikus Faurie, Lin-Marie Theron, Ashley Hunt, Canell en Benéche Jackson. Agter: Dawie Theron, Ryan Jackson, Armand Wiers, Sean Hunt en Rohan Wewege.

FOTO
Voor: Rikus Faurie, Lin-Marie Theron, Ashley Hunt, Canell en Benéche Jackson.
Agter: Dawie Theron, Ryan Jackson, Armand Wiers, Sean Hunt en Rohan Wewege.


Die Merensky Boogskietspanne het die naweek van 8 en 9 September by die Wild Crete 3D Baan in die suide van Pretoria aan die derde been van die ABO Triple Crown deelgeneem.

Dié byeenkoms was die laaste voor die wêreldkampioenskap in Oktober en die nasionale kampioenskap in November. Die vasberade Plasies het weereens hul staal getoon tydens die kompetisie. Die eerstespan, Ryan Jackson, Lin-Mari Theron, Sean Hunt en Canell Jackson het, ten spyte van die lastige wind, ‘n silwer medalje behaal. Die tweedespan, Rohan Wewege, Ashley Hunt, Armand Wiers en Rikus Faurie het ‘n brons opgeraap.

Pa, Dawie Theron (MBR en afrigter) en sy dogter, Lin-Mari (FY) is bekroon met goud, terwyl Sean Hunt (YMR15-17), Canell Jackson (FY) en Benéche Jackson (FBO) bronsmedaljes verdien het.

Verskeie kolskootskuts: Sean Hunt, Benéche Jackson en Dawie Theron, het na afloop van die kompetisie hul provinsiale kleure ontvang. Lin-Mari Theron het “skutterende” skietwerk gelewer en niks kon haar keer nie. Sy behaal nasionale kleure vir ABO en spog met ‘n #plasiewenner veertjie in haar hoed.