Só bek moet jam kry!

2018 Radikale redenaars

deur Suandrie Corbett, graad 10

Kennis is om te weet wat om te sê, wysheid is om dit op die regte tyd te sê en waagmoed is om op te daag en jou sê te sê.

Op Saterdag, 13 Oktober 2018, het 21 wyse, waagmoedige Merensky-redenaars deelgeneem aan die Nasionale Radikale Redenaarskompetisie by Hoërskool Garsfontein. Die tonge het geklap terwyl redenaars van reg oor die land hul sê gesê het.

Vyf Plasie-spanne het gekwalifiseer vir dié radikale affêre. Die eerste van twee graad 8-spanne, bestaande uit Keynan Fox, Wessel de Kock, Michelle Robertson en Megan Kirstein het ‘n tweedeplek in Suid-Afrika losgepraat, terwyl die ander Skiewies, Johan van den Heever, Desi de Jager, Chantell Meyer en Carl Dohse onder die top 6 geeïndig het.

Die matriekspan, Kyla Schoeman, Bianca Elbrecht, Liné Fourie en Christelle Brümmer het ook ‘n tweedeplek verwerf.

Me. Zanel de Lange het die Engelse span voorberei en die brawe bekkiges vergesel. Me. Mari Weber het die afronding aan die Afrikaanse spanne hanteer. Hierdie bekke moet beslis jam kry.