Somerprysuitdeling op Plasieland

Graad 8-11 Somerprysuitdeling 2016

Dit was ‘n spoggeleentheid tydens die somerprysuitdeling te Hoërskool Merensky op 20 Oktober. Nadat ds. Mattheus op gepaste wyse geopen het, het almal teenwoordig die spreker, mev. Dodrie Corbett, se in-die-kol-toespraak geniet. Tientalle leerders is met sertifikate, trofees, erepennings en spesiale toekennings vereer vir hul sport- en kulturele bydrae tot die sukses van Plasieland.

Die gesogte toekenning vir die topklas van die jaar het aan graad 11A gegaan, terwyl Noko Malatji en Lilly Pohl aangewys is as sportpersone van 2016. Marlu McLean was die welverdiende ontvanger van die trofee vir uitsonderlike navorsing by die Nasionale Tritech. Stefan Corbett verdien die hoogste kultuurtoekenning en Janco Blignaut ‘n trofee vir sy grootste bydrae tot musiek.

Lin-Marie Theron was die gewilde ontvanger van die “‘n Plasie gaan lê nooit”-trofee, terwyl Gerhard van Aswegen die trofee vir toewyding en volharding verower.

Die titel “Skiewie van die jaar” word met trots gedra deur twee gewilde graad 8-leerders: Dirk Crafford en Suandrie Corbett.

Lilly Pohl
Lilly Pohl
Aperture: 4.2Camera: NIKON D90Iso: 200
« 1 van 7 »