27 Oktober 2018
ALGEMENE REËLINGS
- Juniors (skole) speel vanaf 07:30 tot 10:00.
- Seniors (volwassenes) speel vanaf 10:30.
- Wanneer jy registreer (vooraf of op die dag) ontvang jy 'n afslaantyd.
- Koste: R250 per speler (sluit 'n worsbroodjie in die Byekorf in).
- Die trekking van die Polo-kompetisie vind om 19:00 in die biertent plaas.
DIE BAAN
- Bestaan uit 10 gaatjies.
- Gat 8 is 'n ekstra "naaste aan die pen" gaatjie wat nie by die telling ingesluit word nie.
- Al die gaatjies is Par 3.
- Tel op "6-ring".
- 2-Bal formaat - albei se punte tel.
- Almal speel van "scratch" af.
- Tellingkaarte word op die dag uitgegee.
DIE BIERTENT
- Die Biertent sal vanaf 12:00 oop wees.
- Braaivleispakkies sal beskikbaar wees teen R60 elk (steak, skaaptjop en wors).
- Bykosse en eetgerei word voorsien.
DIE PRYSE
- Gat 8:-Naaste aan die pen - Slagskaap.
- Beste 5 2-balle - seniors.
- Beste 5 2-balle - juniors.
- Beste telling - seniors.
- Beste telling - juniors.
- Hole in one - Naweek by Kruger Park Lodge.
- Beste 2-bal - Naweek by Komanandi Lodge.
BORGE
- Stalletjies moet vanaf 07:00 tot 07:30 opgeslaan word.
- Borgkoste sluit bemarkingsgeleentheid en 2-Bal in.