Spesiale dag vir Plasie-vroue

2018 Moeder- en Dogterdag

Koel weer op Saterdag, 13 Oktober, het vanjaar se Moeder- en Dogterdag by Hoërskool Merensky ingelei.

Binne-in die pragtig versierde saal het harte egter warm geklop. Om asemwegslaan tafels het vriendinne en families vrouwees gevier. Nadat almal kon “oe en aa” oor die matrieks in hul skeppings, is daar gesellig om die teepotte verkeer.

Sprankelende Melinda Bam, (mej. SA 2012) en aanbieder van Wie’s jou Poppie op TV kanaal 147, was die gasspreker. Sy het jonk en oud oortuig van die waarde van ‘n positiewe selfbeeld.

Hierdie jaarlikse tradisie is op ‘n vrolike noot afgesluit.