SPORT

SPORT KOÖRDINEERDER

Pieter van der Merwe
Mnr. Pieter van der Merwe

Amber-Leigh wip goud los

Gepubliseer op
Amber-Leigh Mills, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Merensky, het op Saterdag, 9 Maart, haar trampolien-seisoen op ‘n hoë noot begin. Die eerste kompetisie vir die seisoen het hom by Tukkies afgespeel. Hiér het atlete van verskeie klubs kragte gemeet, ter voorbereiding van die Limpopo proewe en Suid-Afrikaanse kampioenskappe later die jaar. Amber-Leigh (o.14) het goue…
Kategorie(e): Sport

Janke wen Munnik Meerkat

Gepubliseer op
FOTO: VAN DIE FIETSRYERS WAT DEELGENEEM HET Voor: Janke Joubert, Annalene Rood, Nicolene Ras, Jodi Spaumer & Marize Smit. Agter: Rainier van Rooyen, Armand Cronjé, Dewald Kampman, Salmo Helberg & Henri Benadie. Hoërskool Merensky se bergfietsryers het die speke laat sing tydens die gedugte 35km Munnik Meerkat Bergfietsren. In die Meisies “Youth”-afdeling het Janke Joubert…
Kategorie(e): Bergfietsry, Sport

Plasie-swemmers gaan vir goud

Gepubliseer op
FOTO: Voor: Amelia Booth, Markus Theron & Donia Smit. Agter: Ruan Hanaczeck-Kruger, Ronan Theron & Daniel Smit. Die tyd van rekenskap gee vir harde werk in die swembad, is naby. Ses Plasie-swemmers het deur die afgelope seisoen gekwalifiseer om gedurende die komende skoolvakansie aan galas op verskeie vlakke deel te neem. Vlak 2 vind hierdie…
Kategorie(e): Sport, Swem

Plasies T20 naaswenners

Gepubliseer op
FOTO: Mubin Patel Op 23 en 24 Februarie het Hoërskool Merensky se 1ste-span krieketseuns in die semi-finaal en finaal van die Limpopo Coca-Cola Skole T20-reeks gespeel. Die Plasiespan het in die semi-finaal met 86 lopies geseëvier teen die span van Nkowankowa. In die finaal het Mubin Patel die blouspan se naam hoog gehou met sy…
Kategorie(e): Krieket, Sport

Interhoër ‘n skouspel!

Gepubliseer op
Op Vrydag, 22 Februarie, was Hoërskool Merensky gasheer vir die jaarlikse Soutpansberg Atletiek Interhoër, wat hierdie jaar op Plasiepark aangebied is. Hoërskole Pietersburg, Frans du Toit, Eric Louw, Louis Trichardt, Merensky, Northern Academy en HTS Tom Naudé het op Plasieland kragte gemeet. Behalwe vir die vertonings op veld en baan, het die skole se sangspanne…
Kategorie(e): Atletiek, Sport

Merke, gereed, oefen

Gepubliseer op
FOTO: Voor: Jan-Carel van Niekerk en Kesia Pohl. Agter: Mnre. Magnus Steyn (skoolhoof), Christo Pretorius (beheerliggaam voorsitter), Brandon Tolken (vloerbestuurder), me. Nicolette Steyn (sentrumbestuurder) en mnr. Adriaan van Niekerk (beheerliggaam, terrein). Danksy ‘n skitteridee, wat in 2018 tussen oud-Plasie, mnr. Adriaan van Niekerk, en ‘n span ouers gebore is, spog Hoërskool Merensky vandag met ‘n…
Kategorie(e): Sport

Rohan behaal goud

Gepubliseer op
Rohan Wewege (graad 11) het die naweek van 16 en 17 Februarie aan die Ekurhuleni Binnenshuise Boogskietkampioenskap deelgeneem te Kempton Park. Hy behaal ‘n goue medalje in die YAMBU-afdeling.
Kategorie(e): Boogskiet, Sport

Plasie-atletiek gaan groot

Gepubliseer op
FOTO: Mandi Botha, Elandri Janse van Rensburg & Valley Ngobeni. Inlas: Vutomi Mkhabele. 11 tot 15 Februarie was ‘n groot week vir die Hoërskool Merensky atletiekspan. Nie een nie, nie twee nie, maar drie topbyeenkomste het gesorg dat die adrenalienvlakke in die blou gebly het. Die groep 7 & 8 PUK Interhoër by Hoërskool Alberton…
Kategorie(e): Atletiek, Sport

Pragwen vir Merensky se 1e-krieketspan

Gepubliseer op
Die Hoërskool Merensky krieketseuns het Saterdag, 9 Februarie, teen Hoërskool Eldoraigne in die Skole Superliga deelgeneem. Die eerste span het hul wenstreep voortgesit, met 'n oorwinning van 7 paaltjies op hul tuisveld. Nicolas Adendorff het 5 paaltjies vir 22 lopies in 6 beurte geneem. Mubin Patel het 34 lopies bygedra, en Gideon Engelbrecht 29, tot…
Kategorie(e): Krieket, Sport

Uitstekende begin vir Merensky-skuts

Gepubliseer op
Een dosyn Merensky-boogskuts het na Magnum Boogskiet in Pretoria gereis om in die eerste been van die 3Di Triple Crown ABO-kompetisie te kompeteer. Dag 1 (Saterdag, 9 Februarie) het Dillon du Preez, Christof Joubert, Morney Kleinhans, Dian Schnettler & Afrigter Seph Oosthuizen hul debuut by die ABO gemaak. Provinsiale kwalifiseerders is deur Rikus Faurie, Sean…
Kategorie(e): Boogskiet, Sport

Plasies by Limpopo Skole Swem

Gepubliseer op
FOTO: Dania Smit in aksie. Op Saterdag en Sondag, 2 en 3 Februarie, het 9 Plasieswemmers aan die Limpopo Skole Swemkampioenskap in Polokwane deelgeneem. Hoërskool Merensky is baie trots op Dania Smit (o14) wat ‘n gouemedalje in die 200m individuele wisselslagitem losgeswem het. Sy verdien ook ‘n silwermedalje vir haar 200m rugslag en 2 brons…
Kategorie(e): Sport, Swem

Adrenalien pomp op Plasiepark

Gepubliseer op
‘n Baie suksesvolle atletiek uitnodigingsbyeenkoms is op Saterdag, 2 Februarie, by Plasiepark deur Hoërskool Merensky aangebied. Atlete van hoërskole Pietersburg, Tom Naudé, Frans du Toit, Louis Trichardt en Merensky het mekaar die stryd aangesê op veld en baan. Ster-atleet, Elandri Janse van Rensburg (o.14), het weereens die spies laat sing met ‘n nuwe rekord. Hierdie…
Kategorie(e): Atletiek, Sport

Marais na tennis SA’s

Gepubliseer op
Topspeler, Marais Botha (graad 9), van Hoërskool Merensky is onlangs opgeneem in die o.15 Limpopo tennisspan, wat op 15 to 19 Maart in Pretoria aan die SA Skole Tenniskampioenskappe gaan deelneem. Baie geluk, Marais, die Plasies staan bankvas agter jou!
Kategorie(e): Sport, Tennis

Canéll korrel fyn

Gepubliseer op
Oor die naweke van 26 Januarie en 2 Februarie het Canell Jackson, een van Hoërskool Merensky se topskuts, nie op haar louere gerus nie. Tydens die Provinsiale Binnenshuise Kampioenskap in Montana Park, skiet Canell ‘n nasionale kwalifiserende telling van 292 uit 300, met nie minder nie as 30 kolskote. Vir hierdie prestasie behaal sy ‘n…
Kategorie(e): Boogskiet, Sport

Plasie-krieket begin 2019 op ‘n hoë noot

Gepubliseer op
FOTO: DIE O15-SPAN Voor: Neil van Vuuren, Johan van den Heever, Marais Botha, Carl Dohse, Hendrik Botes, Maan Mistry, Nic de Beer. Agter: Coach Frans Moila, Phillip Ludick, Ockert Schoeman, Don Hunter, Ruan Huysamen & Henro Delport. Oor die afgelope twee weke het die o15-span van Hoërskool Merensky 2 superliga-wedstryde gespeel en is tot nog…
Kategorie(e): Krieket, Sport
1 2 3 30