7s Rugby

 

MHS 7s Rugby

MHS 7's Rugby

Organiseerder

Clinton Gerber
Mnr. Clinton Gerber

Afrigters

Mnr. Ian van Heerden
Mnr. Johannes Seerane
Mnr. Frik Dohse

2017 Datums

Datums sal aangekondig word.


7's Rugby Nuus

Merensky berei voor vir Rhino 7’s rugbyfinaal

Gepubliseer op
FOTO: Voor: MJ Bench en MJ Mulder. Middel: Delux Jooste en Dylan Herrendoerfer. Agter: Almo Julies, Wynand Scholtz, Noko Malatji, Clifford Sekgobela, Resenga Kubayi, Mikyle le Roux (kaptein), Masedi Manamela en mnr. Drikus Viljoen (afrigter). ‘n Koud en winderige Polokwane-Saterdag skrik nie maklik 7’s rugbymanne af nie. Die eerstespan van Hoërskool Merensky het op 12 September gaan deelneem aan die jaarlikse HTS Tom Naudé 7’s rugbydag. Die Plasies se eerste wedstryd was teen Capricorn High School, wat hulle gemaklik wen met ‘n 29-0 telling. Daarna het hulle HTS Tom Naudé gepak en met ‘n 26-0 oorwinning tevrede van die veld gestap. Die derde wedstryd van die dag teen Hoërskool Warmbad,…

Rhino 7’s Rugby aan die rol

Gepubliseer op
FOTO: Voor: Noko Malatji, Dylan Herrendoerfer. Middel: Joe Raspel, Delux Jooste, Pieter Coetzer, Ettienn Slabbert. Agter: Mnr. Clinton Gerber (afrigter), MJ Bench, Mj Mulder, Mpho Mofokeng, Mikyle le Roux, Rasenga Kubai, Masedi Manamela, Almo Julies. Op Saterdag 29 Augustus het Plasieland se junior- en seniorspanne te Sutherland High School in Centurion deelgeneem. Hierdie was nog ‘n amptelike kwalifiserende toernooi in die opwindende Rhino 7’s reeks waarvan die finaal 24-26 September in Skukuza beslis word. Alhoewel Merensky se seniorspan reeds gekwalifiseer het, het hul in die gees van goeie sportmanskap deelgeneem. Hulle het op dié toernooi as plaatwenners uit die stryd getree met ‘n telling van 19-10 teen Hoërskool Montana. Nuwe…

Sewes rugby kraai koning

Gepubliseer op
FOTO: Voor: Delux Jooste, Dylan Herrendoerfer en Bornwise Thibela. Middel: Noko Malatji, MJ Bench, Shaun Lombaard, Rasenge Kubayi en Masedi Manamela. Agter: Mnr Drikus Viljoen (afrigter), Joe Raspel, Elmo Julies, Pieter Coetzer, Mikyle le Roux (kaptein), MJ Mulder, Wynand Scholtz en Mnr Clinton Gerber (afrigter). Die sewes rugbyseisoen het Saterdag 15 Augustus met mening tydens ‘n vriendskaplike toernooi by Hoërskool Frans du Toit afgeskop. Hoërskool Merensky, HTS Tom Naudé en Hoërskole Frans du Toit, Rob Ferreira, Lowveld, Barberton, Capricorn, The King’s Court en Sybrand van Niekerk het mekaar by hierdie opwindende sportdag die stryd aangesê. Hoërskool Merensky se eerste-span het hul seisoen op ‘n hoë noot begin deur die strawwe…