Bergfiets

MHS Bergfietsry

MHS Bergfietsry

Organiseerder

Alex Schoeman
Me. Alex Schoeman

Afrigter

Mnr. Pierre Cronjé

2017 Datums

Sal aangekondig word.


Bergfietsry Nuus

Merensky salutes Alan

Gepubliseer op
Merensky High School old boy, Alan Gordon, class of 2009, recently joined the ambassador programme (Mountain Biking) of Team Navworld, one of the fastest growing lifestyle, outdoor and adventure partners in South Africa. Gordon started his cycling career in 2005 as a road cyclist but his love for nature lured him to the single track and in 2012 he bought his first mountain bike. After completing a few races, Gordon was hooked. As a native to Tzaneen, Gordon is no stranger to the beautiful scenery that South African mountain bikers enjoy. He describes the “vibe” in the mountain biking community as “vastly different” to what he was used to and…

Plasies draf WIK kaf

Gepubliseer op
FOTO Sheldon Muller, Janco Coetzee en Jenelle de Jonge. Hoërskool Merensky se o.19-span het eerste geeïndig in die junior-afdeling by die jaarlikse WIK-byeenkoms wat op 19 Maart te Stanford Lake College aangebied is. Met ‘n tyd van 1:15:54, en ‘n gemiddelde spoed van 16,60 km per uur, het hul letterlik in die nek geblaas van die senior wenspen. Spanlid, Jenelle de Jonge, het die 500m swem aangedurf, terwyl Sheldon Muller die speke laat sing het vir 15km in die bergfiets-been. Langasem, Janco Coetzee, het die gesorg dat die 5km berghardloop in ‘n japtrap afgehandel is. Voorwaar ‘n puik prestasie te midde van koue, nat en winderige weersomstandighede.

Plasie bergfietsryers presteer

Gepubliseer op
Ses Plasie-bergfietsryers het omtrent tande geslyp vir die jaarlikse Mooketsi MTB Challenge op Saterdag 22 Oktobeer.  Hierdie wedren is baie gewild, aangesien dit ryers die geleentheid bied om deur ‘n privaat natuurreservaat te ry. In die 10km afdeling het Janco Coetzee die algehele eerste plek ingeneem, en Bevan Muller was in die tweede plek. Francois Nothnagel het ook vir die heel eerste maal deelgeneem, en ‘n skaflike agtste plek behaal. Sheldon Muller was algeheel derde oor die 35km afstand, en verdien ‘n tweedeplek in die o.16 ouderdomskategorie.
1 2 3 5