Bergfiets

Bergfietsry

MHS Bergfietsry

Skoolverteenwoordiger

Pieter van der Merwe
Mnr. Pieter van der Merwe

Afrigter

Mnr. Pierre Cronjé

2018 Datums

8 September : Vula Vula (ATKV Eiland Spa)
15 September : Spur Skole XCO - Tour de Marula (Mokopane)
22 September : Lalapanzi MTB
6 Oktober : Eiland MTB
13 Oktober : Southern Cross MTB (Hoedspruit)
27 Oktober : Mooketsi MTB
3 November : Marathon Kampioenskap (Stanford Lake College)

Bergfietsry Nuus

Plasies tem Makulu 5

Gepubliseer op
Op Saterdag, 13 Februarie, het Hoërskool Merensky se bergfietsspan aan die Makulu 5-wedren in Polokwane deelgeneem. Hierdie halfmarathon dien as kwalifiseerder vir Limpopo kleure. Die ryers het goed presteer. In die o.14-kategorie het Bevan Muller ‘n derde plek ingeneem. In die o.15/o.16-afdeling het Sheldon Muller ‘n eerste plek en Armand Cronjé ‘n derde plek verwerf. Die o.17/o.18-ryers het eweneens goed presteer met Natasha Janse van Rensburg in die derde plek, Bernice Cronjé vierde en Chelsea Schlebusch in die vyfde plek.

Mooketsi MTB proves a challenge

Gepubliseer op
[fusion_text] Armand Cronjé A few nountain bike riders from Merensky High School competed in the PPS MTB at Mooketsi on 31 October. After only 15km, the promising rider Armand Cronjé together with mrs Nadia Last got lost. After adding three kilometers to their route, they managed to join the group. Plasieland is proud of mrs Last, who finished 10th in her first ever race. Armand ended in 14th place in the 14 year category. The 35km event proved to be extremely challenging in the severe heat. Sheldon Muller ended in overall fourth place, and third in the 15 year category. Amelia Middleton was placed third in…

Merensky oorheers bergfietsuitdaging

Gepubliseer op
Sewe bergfietsryers van Hoërskool Merensky het op 10 Oktober deelgeneem aan die Debtsafe Cansa Bergfietsuitdaging in Potgietersrus. Armand Cronjé (o.14) verwerf goud in die mans 10km wedren. Christelle Coetzer (o.14) het ook op haar beurt eerste oor die wenstreep gejaag in die dames 10km uitdaging. Michelle Stevens en Alex Strydom is tweede in onderskeidelik die junior meisies en seuns 35km wedren. Robert Retief, Bernice Cronjé en Sheldon Muller het ook die 35km ren voltooi. Hoërskool Merensky spog ook tydens hierdie geleentheid met die prys vir die skool met die vier vinnigste leerlinge, naamlik Christelle Coetzer, Armand Cronjé, Michelle Stevens en Robert Retief.