Bergfiets

MHS Bergfietsry

MHS Bergfietsry

Organiseerder

Alex Schoeman
Me. Alex Schoeman

Afrigter

Mnr. Pierre Cronjé

2017 Datums

Sal aangekondig word.


Bergfietsry Nuus

Plasie Christelle by bergfietsuitdaging

Gepubliseer op
Hoërskool Merensky se Christelle Coetzer het op Saterdag, 26 Maart deelgeneem aan die XCO Bergfietsry Cub Reeks in Pretoria. Die XCO-baan is ‘n ongenaakbare 4.7 km lank en deelnemers moet ten minste drie rondtes kafdraf om te kwalifiseer aan die einde. Christelle het algeheel sesde geeindig.

Plasie bergfietsryers draf Munnik Meerkat kaf

Gepubliseer op
Janco Coetzee van Le'Club en Bevan Muller, albei leerders van Hoërskool Merensky, het Saterdag, 12 Maart aan die Munnik Meerkat Bergfietswedren van 12km deelgeneem. Janco was die algehele wenner en Bevan was in die derde plek.

Plasies tem Makulu 5

Gepubliseer op
Op Saterdag, 13 Februarie, het Hoërskool Merensky se bergfietsspan aan die Makulu 5-wedren in Polokwane deelgeneem. Hierdie halfmarathon dien as kwalifiseerder vir Limpopo kleure. Die ryers het goed presteer. In die o.14-kategorie het Bevan Muller ‘n derde plek ingeneem. In die o.15/o.16-afdeling het Sheldon Muller ‘n eerste plek en Armand Cronjé ‘n derde plek verwerf. Die o.17/o.18-ryers het eweneens goed presteer met Natasha Janse van Rensburg in die derde plek, Bernice Cronjé vierde en Chelsea Schlebusch in die vyfde plek.