Organiseerder
Me. Yolandi Potgieter |
Afrigter
Mnr. Joost Smith |
2025 Datums
Sal gepubliseer word sodra dit beskikbaar is...
2024 BOOGSKIET NUUS & FOTO ALBUMS
ABO Triple Crown @ Wildcrete, 3-2 Februarie 2024
16 Merensky-skuts het op 3 en 4 Februarie by Wildcrete 3D Boogskietbaan deelgeneem aan die eerste ABO Triple Crown vir die seisoen.
Alhoewel die Pretoria-son baie warm was, het hul reeds ‘n goeie indruk gemaak so vroeg in die seisoen.
Uitblinkers tydens die 2 dae was:
FY
1ste plek Rouxne Schnettler
2de plek Izelri Theron
3de plek Ina Meri Burger
YMR (13-14 jaar)
2de plek Nathan Swanepoel
YMR (15-17 jaar)
1ste plek Henk Meyer
2de plek Christiaan Loots
3de plek Tommie Strydom
Henk Meyer het ook ‘n nasionale kwalifiserende telling op dag 2 geskiet.
SANIFAA Field @ Thabazimbi, 17-18 Februarie 2024
Op 17 en 18 Februarie het verskeie boogskuts van Merensky Landbou Akademie na Thabazimbi gereis om by die Bellville Boogskietklub aan die SANIFAA Veldbyeenkoms deel te neem.
Topskut, Henk Meyer spog na afloop hiervan met nóg ‘n goue medalje. Christiaan Loots het ‘n 4de plek, Edrich Roos ‘n 5de plek en Nathan Swanepoel ‘n 6de plek by die kompetisie ingeneem.
Limpopo 3Di Kampioenskap @ Shikwaru Lodge, Mokopane, 6 April 2024
UITSLAE
"Female Youth Unaided"
3de Ataliah van Niekerk
3de Clarissa van Heerden
2de Carli Smit
1ste Rouxne Schnettler
"Male Youth Unaided Junior"
3de Pieter Gouws
1ste Nathan Swanepoel
"Male Youth Unaided Senior"
3de Kobus van Heerden
2de Christiaan Loots
1ste Henk Meyer
Individuele uitblinker:
Rouxne Schnettler skiet 'n provinsiale kwalifiseerder.
ABO Triple Crown Been 2 @ Gabbata Lodge, Pretoria, 4-5 Mei 2024
SANIAC @ Merensky, 6-7 Mei 2024
SANIFAA Field @ Mopani Boogklub, Phalaborwa, 30 Junie 2024
Drie van Merensky Landbou Akademie se boogskuts het op 30 Junie deelgeneem aan die SANIFAA Field-kompetisie by die Mopani Boogklub in Phalaborwa, en het uitstekend gevaar.
Christiaan Loots verwerf goud, terwyl Henk Meyer met silwer wegstap en Nathan Swanepoel brons ontvang.
Interskole Kompetisie @ Waterkloof, 26-27 Julie 2024
Merensky Landbou Akademie se skuts is hierdie jaar op 26 en 27 Julie na die heel eerste Interskole Boogskietkompetisie, by Hoërskool Waterkloof in Pretoria, genooi.
Op dag 1 kon die skuts hul staal wys op die binnenshuise baan, waar Henk Meyer ‘n nasionale kwalifiserende telling geskiet het. Heelwat persoonlike beste tye is ook vir die dag aangeteken.
Dag 2 is die skuts ‘n geleentheid gebied om buite te skiet. Dankie aan @archersedge vir die spesiale tariewe! Die Plasies het weer hier baie goed gedoen en dit geniet om saam met ander topskole deel te neem.
UITSLAE:
Rouxne Schnettler – Brons
Carli Smit – Silwer
Clarissa van Heerden – Silwer
Christiaan Loots – Silwer
Nathan Swanepoel – Goud
Henk Meyer – Goud
Phalaborwa ABO @ Mopani Boogklub, 3 Augustus 2024
Baie geluk aan die volgende Plasie-skuts wat op 3 Augustus 2024 skitterend gevaar het by die Phalaborwa ABO wat by die Mopani Boogklub aangebied is.
GOUD
Gerhardus Erasmus, Nathan Swanepoel, Henk Meyer, Rouxne Schnettler en Zelke Kruger.
SILWER
Christiaan Loots.
BRONS
Pieter Gouws, Tommie Strydom en Carli Smit.
Mpumalanga 3D ABO @ Klipspringer Lodge, Nelspruit, 24 Aug ’24
Vier skuts van Merensky Landbou Akademie het op Saterdag, 24 Augustus 2024, aan die GBS 3D-kampioenskap by die Klipspringer Lodge in Nelspruit deelgeneem.
Henk Meyer, Nathan Swanepoel en Carli Smit het goud om die nek gehang, terwyl Zelke Kruger met ‘n silwermedalje weggestap het.
ABO Triple Crown Been 3 @ Wildcrete Targets, Pretoria, 7-8 Sep ’24
Oor die naweek van 7 en 8 September het Plasie-skuts aan die ABO Triple Crown Been 3, by Wildcrete 3D Targets in Pretoria, deelgeneem.
In die FEMALE YOUTH (FY)-afdeling:
1ste - Izelri Theron
2de - Rouxne Schnettler
3de - Carli Smit
YOUTH MALE RELEASE (YMR), 15-17 JAAR:
1ste - Henk Meyer
2de - Tommie Strydom
3de - Christiaan Loots
YOUTH MALE RELEASE (YMR), 14-15 JAAR:
1ste - Nathan Swanepoel
3de - Pieter Gouws
SKOOLSPANNE
3de - Zelke Kruger, Tommie Strydom, Christiaan Loots, Izelri Theron
Mpumalanga 3D @ Gold Valley, Nelspruit, 14 Sep ’24
Nathan Swanepoel, graad 9, het oor die naweek van 14 September aan die Mpumalanga Provinsiale 3D-boogskietkompetisie by die Gold Valley Geweerklub buite Nelspruit deelgeneem.
‘n Baie uitdagende baan en steil terrein het vir Nathan gewag. Hy was die enigste skut wat “un-aided” geskiet het en tog 'n baie goeie telling van 175 behaal het. Hy het selfs heelwat skuts, wat afstandsmeters gebruik het, stof in die oë geskop.
Sê Nathan: “Dit was 'n wonderlike skietgeleentheid in 'n pragtige area!”