Boogskiet

MHS Boogskiet

MHS Boogskiet

Organiseerder

Yolandi Potgieter
Me. Yolandi Potgieter

Afrigters

Mnr. Ockert le Roux
Me. Yolandi Potgieter

2017 Datums

11, 12 Februarie - 3Di Triple Crown
18-20 Maart - SANFAC
25, 26 Maart - Limpopo 3D-kampioenskappe (tuis)
1, 2 April - Limpopo Binnenshuise Kampioenskappe
29 April - 1 Mei - SANIAC & HUNTEX
20, 21 Mei - 3Di Triple Crown Been 2
3, 4 Junie - Bosveld Binnenshuise Kampioenskappe
9, 10 September - 3Di Triple Crown Been 3
14, 15 Oktober - Limpopo Veldkampioenskappe
21 Oktober - Jaareindfunksie
18, 19 November - 3Di Nasionale Kampioenskappe

Boogskiet Nuus

Provinsiale boogskiet op Plasieland

Gepubliseer op
Merensky Boogskietklub het op 27 en 28 Augustus twee provinsiale 3D-kompetisies aangebied op Plasieland. Die baan was uitdagend met 2D- en 3D-diere, asook ander lewende spesies wat van tyd tot tyd hul verskyning gemaak het. Van Bosbok tot Seekoei het snuf in die neus gekry oor die “besoekers” in die bos. 29 Skuts het deelgeneem aan die 3D Limpopo-Suid Kampioenskappe. Goud is ingesamel deur Izelri Theron (CFBU-P), Canell Jackson (JFFU), Pieter van der Merwe (JMBU), André van der Merwe (JMFU) en Benéche Jackson (YAFFU). Silwer het gegaan aan Benno Kotzé (CMBU), Lin-Mari Theron (JFBU), Matthew Lunt (JMBU) en SP du Preez (JMFU). Dawie Theron (AMBU) en Heinrich Pieterse (JMBU) het brons ontvang.…

Merensky archers do it again

Gepubliseer op
Merensky Archery Club participated in the Bojanala Indoor Championships in Pretoria on Saturday, 23 July. Benno Kotzè received national colours. André van der Merwe shot a national qualifying score and received provincial colours. Morney Kleinhans and Kay-Lee Jansen also received their provincial colours. Gold medals were awarded to Beneché and Canell Jackson and André van der Merwe. Heinrich Pieterse and Kay-Lee Jansen claimed silver medals, while Benno Kotzé carried a bronze medal home. PHOTO: Front: Benno Kotzè, Kay-Lee Jansen, Canell Jackson and Morney Kleynhans. Back: André van der Merwe, Heinrich Pieterse, Sean Hunt and Beneche Jackson.

Plasie-viermanskap skiet in die kol

Gepubliseer op
Vier skuts van Merensky Boogskietklub het die naweek van 18 Junie aan twee verskillende kampioenskappe deelgeneem. Benno Kotze (CMBU) het aan die Vaaldriehoek Binnenshuise Kampioenskappe te Kempton Park deelgeneem. Benno skiet n telling van 296/300 met 35 x’e. Met hierdie uitstekende telling behaal hy ‘n silwer medalje, asook sy tweede nasionale kwalifisering.  Benno benodig nog een so ‘n goeie kwalifisering om sy nasionale kleure te verwerf. Benéche Jackson (FY), André van der Merwe (YMR13-14) en Canell Jackson (FY) het aan die 3Di Mpumalanga Kampioenskappe te Marble Hall deelgeneem. Ten spyte van ‘n lang, uitmergelende dag het hierdie drie skuts uitstekend gevaar. André behaal goud met ‘n Protea kwalifiserende telling, Benéche…