Boogskiet

Boogskiet

MHS Boogskiet

Organiseerder

Yolandi Potgieter
Me. Yolandi Potgieter

Afrigters

Me. Yolandi Potgieter

2018 Datums

18 Augustus - Noord-Wes Veldkampioenskappe
25 Augustus - Limpopo 3Di kampioenskappe
8 September - Triple Crown Been 3
15 September - Gauteng Provinsiale Veldkampioenskappe
5-13 Oktober - Wêreldkampioenskap (veld), Potchefstroom
27 Oktober - 3Di kampioenskap
17-18 November - 3Di Nasionale kampioenskappe

Boogskiet Nuus

Ricus groet Merensky boogskiet

Gepubliseer op
Ricus Warmenhoven, ‘n matrikulant aan die Hoërskool Merensky, is pas uit 150 hoopvolles gekeur as “Team Magnum” boogskut vir 2016. Dit is bekend dat skuts van die Merensky boogskietklub fyn dopgehou word, en is dit ‘n groot eer om deel van hierdie mega boogskietgroep te wees. Net 15 skuts oor die land word jaarliks gekies om Magnum (die grootste boogskiet winkelgroep in Suid-Afrika) te verteenwoordig. Hoërskool Merensky salueer Ricus, spankaptein vir die afgelope drie jaar, vir sy puik prestasies en groet hom met trots. Hy is al die afgelope 9 jaar lid van die Merensky boogskietklub, waarvan hy vir die laaste vyf jaar lid van die eerstespan was. Vanaf 2011…

Boogskiet palm nog medaljes in

Gepubliseer op
FOTO: Voor: Renart Botha (Goud YAMBU). Middel: Janco Theron (Silwer, YAMBU), Beneché Jackson (Goud, YAFFU), Ricus Warmenhoven (Goud, YAMFU). Agter: Lin-Mari Theron (Goud, JFBU), Canelle Jackson (Silwer, JFBU). Merensky boogskietklub het op 21 en 22 November aan hul laaste kompetisie vir 2015 deelgeneem. Ses skuts keer terug met ses medaljes: vier goud vir Renart Botha, Beneche Jackson, Lin-Mari Theron en Ricus Warmenhoven en twee silwer vir Janco Theron en Canelle Jackson. Beneché en Ricus skiet albei provinsiale kwalifiserende tellings in die “Young Adults”-afdeling. Lin-Mari spog met twee nasionaal kwalifiserende tellings.

Merensky dra nasionale boogskietkroon

Gepubliseer op
[fusion_text]HOOFFOTO: MERENSKY SE EERSTESPAN WEN GOUD: Beneche Jackson, Pieter van der Merwe, Renart Botha en Janco Theron. Die vreugdevure brand hoog in Plasieland nadat Hoërskool Merensky vir die tweede keer in drie jaar aangewys is as die top boogskietskool in die land. Dertien knap skuts van Merensky boogskietklub het die afgelope naweek deelgeneem aan die laaste ABO-kompetisie van die jaar te Pretoria. Die skuts was in groepe van vier tot nege verdeel. Drie verskillende bane met twintig teikens het gesorg vir strawwe kompetisie. Buiten die versengende hitte, moes deelnemers ruwe terrein met berge, dale en strome trotseer. Dit was ‘n moeë, maar tevrede span wat teruggekeer het na Tzaneen met…