Krieket

 

Krieket

MHS Krieket

Organiseerder

Pieter van der Merwe
Mnr. Pieter vd Merwe

Afrigters

Mnr. Aubrey van Reenen
Mnr. France Mola
Mnr. Seph Oosthuizen
Me. Lindi Britz

2019 Datums

23 February - vs Uplands College (1st tuis, u15 weg)
23 February - T20 Semi-Finaal (Polokwane)
24 February - T20 Finaal (Polokwane)
16-21 June - MHS Krieketweek

Krieket Nuus

Plasies T20 naaswenners

Gepubliseer op
FOTO: Mubin Patel Op 23 en 24 Februarie het Hoërskool Merensky se 1ste-span krieketseuns in die semi-finaal en finaal van die Limpopo Coca-Cola Skole T20-reeks gespeel. Die Plasiespan het in die semi-finaal met 86 lopies geseëvier teen die span van Nkowankowa. In die finaal het Mubin Patel die blouspan se naam hoog gehou met sy 50 lopie prestasie. Die seuns kon egter nie die knoop deurhaak nie en tree as naaswenners uit die stryd teen Ben Vorster.

Pragwen vir Merensky se 1e-krieketspan

Gepubliseer op
Die Hoërskool Merensky krieketseuns het Saterdag, 9 Februarie, teen Hoërskool Eldoraigne in die Skole Superliga deelgeneem. Die eerste span het hul wenstreep voortgesit, met 'n oorwinning van 7 paaltjies op hul tuisveld. Nicolas Adendorff het 5 paaltjies vir 22 lopies in 6 beurte geneem. Mubin Patel het 34 lopies bygedra, en Gideon Engelbrecht 29, tot die 82 lopies van die Plasies. Die span het Neil Delport verwelkom, wat ná sy 5de wedstryd vir die Merensky 1 XI sy spanhoedjie ontvang het. Die o15-seuns het hul wedstryd by Hoërskool Eldoraigne gespeel. Alhoewel Don Hunter 48 lopies (nie uit nie) gemaak het, het die span met 3 paaltjies verloor.

Plasie-krieket begin 2019 op ‘n hoë noot

Gepubliseer op
FOTO: DIE O15-SPAN Voor: Neil van Vuuren, Johan van den Heever, Marais Botha, Carl Dohse, Hendrik Botes, Maan Mistry, Nic de Beer. Agter: Coach Frans Moila, Phillip Ludick, Ockert Schoeman, Don Hunter, Ruan Huysamen & Henro Delport. Oor die afgelope twee weke het die o15-span van Hoërskool Merensky 2 superliga-wedstryde gespeel en is tot nog toe onoorwonne. Die wedstryd teen Midstream op 19 Januarie het op Merensky se tuisveld plaasgevind. Ockert Schoeman se 30 lopies het bygedra tot 'n 11 lopie-oorwinning. Op 26 Januarie het die jong span Hans Moore van Benoni gepak. Hulle het 'n teiken gestel van 200 lopies ná 49.3 boulbeurte. Die besoekers het net 113 lopies…
1 2 3 13