Landloop

 

Landloop 2016

Landloop 2016

Organiseerder

Pieter van der Merwe
Mnr. Pieter vd Merwe

Afrigter

Mnr. Philip Entres

2017 Datums

23 April - Settlers
13 Mei - HTS Tom Naudé, Pietersburg
27 Mei - Aganang
10 Junie - Interprovinsiaal
29 Julie - Stanford Lake College
5 Augustus - LIMA Kampioenskappe @ Hans Strijdom

Landloop Nuus

Merensky tweekampers by SA’s

Gepubliseer op
Gedurende die naweek van 7 en 8 April, is die 42ste Suid-Afrikaanse Tweekamp byeenkoms in die pragtige Paarl deur Boland Tweekamp aangebied. Veertien streke met 770 atlete van regoor die land het deelgeneem, met ouderdomme wat wissel van 9-59 jaar. Limpopo Tweekamp het 17 lede ingeskryf, waarvan Tayla Vos en Jané Geyer van Hoërskool Merensky in die o.15-afdeling gekompeteer het. Beide atlete slaag daarin om hul persoonlike tye te vebeter en het waardevolle ervaring opgedoen vir volgende jaar se byeenkoms.

Sukses vir langasems

Gepubliseer op
FOTO Janco Coetzee en Amelia Middleton. Janco Coetzee en Amelia Middleton van Hoërskool Merensky het op 23 April aan die Sentrale Gauteng & Tshwane Driekamp se Duathlon Kampioenskappe deelgeneem te Germiston Lake. Janco het 2,5km gehardloop, 10km fiets gery en weer 1,25km gehardloop. Amelia het 5km gehardloop, 20km fiets gery en weer 2,5km gehardloop. Albei atlete is die eerste Noord-Gauteng spanlede oor die wenstreep en het algeheel tweede geeïndig. Plasieland hou duimvas wanneer hul aan die Duathlon SA's op 2 Julie te Midmar Dam in Kwa-Zulu Natal gaan deelneem.

Joné qualifies for SA’s

Gepubliseer op
Joné Geyer, a grade 9 learner from Merensky High School qualified to represent Limpopo at the South African biathlon championships to be held in the Paarl on 7 and 8 April this year.